Nadal staal hom vir Djokovic se aanslag

2011-04-20 10:10
Tweets Share Share line Print

Barcelona – Rafael Nadal is slaggereed om Novak Djokovic se aanslag op sy wêreldranglys-posisie af te weer.

Die 24-jarige Nadal, die voorste tennisspeler in die wêreld, het die naweek sy sewende agtereenvolgende Meesterstoernooi in Monte Carlo gewen en jag dié week sy sesde titel hier in Spanje.

Die Spanjaard is tans 3 230 punte voor Djokovic op die wêreldranglys, maar Nadal het 4?000 punte om te verdedig in die komende maand en ’n half ná sy seges verlede jaar in Monte Carlo, Madrid, Rome en die Franse Ope.

Dít terwyl die Serwiër, wat tans die naasbeste speler in die wêreld is, maar net 540 punte moet verdedig.

“Elke jaar beleef ek ’n goeie kleibaan-seisoen. Ek moet nou probeer om dit net wéér te doen,” het Nadal gesê.

Nadal het ’n ongelooflike rekord op kleibane. Hy het sy afgelope 29 wedstryde op dié oppervlak gewen en het sedert 2005 nog nie in April verloor nie.

Die huidige kampioen in die Franse Ope, Wimbledon en Amerikaanse Ope is die eerste wat erken dat statistieke soos dié nie volgehoue sukses waarborg nie.

“Ek is nie onoorwinlik nie. Ek het al verloor en ek gaan in die toekoms nog wedstryde verloor. Niemand is perfek nie,” het Nadal gesê.

Djokovic, wat vanjaar nog nie gestuit kon word nie en met 24 agtereenvolgende seges spog, sal volgende week sy kleibaan-seisoen begin.

Nadal en Djokovic het vanjaar al twee keer teen mekaar te staan gekom en elke keer het Djokovic teruggeveg van ’n stel agter om die Miami- en Indian Wells-meesterstoernooie te wen.

Volgens Nadal kan hy nie nou al fokus op moontlike wedstryde teen Djokovic nie, want al wanneer hulle paaie gaan kruis, is in die eindstryd van ’n toernooi.

“Djokovic het die jaar goed begin en ek sien geen rede hoekom dié nie sy seisoen gaan wees nie.”

www.atpworldtour.com

Volg Nuus24Sport op Twitter.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.