Nadal na semi-finaal van Barcelona Ope
2011-04-22 23:00
Barcelona – Rafael Nadal het sy plek in die Barcelona Ope semi-finaal ingespeel toe hy die Fransman Gael Monfils Vrydag 6-2, 6-2 geklop het.
Die top-gekeurde Spanjaard het slegs 75 minute nodig gehad om verby die Fransman, wat negende op die ranglys is, te kom.
“Die waarheid is, dit was ‘n baie vol wedstryd,” het Nadal gesê.
“Ek is baie gelukkig, aangesien hierdie wedstryd tussen twee van die beste spelers in die wêreld was en om 6-2, 6-2 te wen maak my baie gelukkig.”
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sapa - AP