Nadal, Djokovic pak mekaar in eindstryd
2010-09-12 04:56
New York - Die eerste gekeurde Rafael Nadal het vir die eerste keer sy plek in die eindstryd van die Amerikaanse Ope verseker toe hy Mikhail Youzhny van Rusland 6-2, 6-3, 6-4 geklop het.
Die Spanjaard sal Sondag die derde gekeurde Novak Djokovic van Serwië te staan kom vir die titel.
Djokovic het die tweede gekeurde Roger Federer van Switserland in die tweede halfeindstryd 5-7, 6-1, 5-7, 6-2, 7-5 geklop.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- SAPA