Nadal, Djokovic ly groot nederlaag
2010-08-10 13:00
Toronto – Die wêreld se twee top-tennisspelers, Spanje se Rafael Nadal en Novak Djokovic van Serwië, het ‘n skokkende nederlaag teen twee onbekende Kanadese gelei in die eerste ronde dubbelwedstryde by die Toronto Meesterstoernooi.
Nadal en Djokovic het die eerste stel 7-5 teen Vasek Pospisil en Milos Raonic gevat, maar het die volgende twee stelle 6-3, 10-8, verloor.
Dit was die eerste keer in 34 jaar dat die top-twee spelers hul kragte saam ingespan het om ‘n dubbelwedstryd aan te pak.
Tog het die droom-span nie geëindig waar hulle sou wou nie, met Pospisil (20) en Raonic (19) wat die laaste drie wedstryde van die tweede stel gewen het en onmiddellik beheer oor die wedstryd verkry het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sapa - AFP