Murray wen Queens-eindstryd
2011-06-13 18:09
Londen – Andy Murray het sy eerste titel vir die seisoen verower deur die vyfde gekeurde Jo-Wilfried Tsonga van Frankryk Maandag met 3-6, 7-6 (2), 6-4 in die finaal by Queen’s-klub te klop.
Die wedstryd is ‘n dag laat gespeel nadat reën Sondag daartoe gelei het dat dit uitgestel is.
Murray, wat die titel in 2009 ook verower het, is die eerste Brit om dié Wimbledon-opwarmingstoernooi minstens twee keer te wen sedert Francis Gordon Lowe dit in 1913, 1914 en in 1925 gewen het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Reuters