Murray, Clijsters deur na Aus-halfeind
2011-01-26 13:31
Melbourne - Andy Murray van Brittanje het deurgedring na die halfeindronde van die Australiese Ope toe hy Aleksander Dolgopolof van die Oekraïne Woensdag met 7-5, 6-3, 6-7 en 6-3 geklop het.
België se driemalige Grand Slam-kampioen Kim Clijsters sal in haar sesde Australiese Ope-halfeindstryd speel nadat sy Agnieszka Radwanska van Pole in skoon stelle verslaan het.
Clijsters kom nou teen Vera Zvonareva van Rusland, wie sy verlede jaar in die eindstryd van die Amerikaanse Ope geklop het, te staan.
Zvonareva het Petra Kvitova van die Tsjeggiese Republiek vroeër met 6-2, 6-4 geklop.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- RSG