Mosselbaaier beïndruk by Britse Ope

2010-07-16 09:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - En dít, liewe leser, is hoe die berugte Ou Baan in St. Andrews lyk ná ’n dag sonder wind: bloedneus, weerloos en dronk getimmer deur die voorste spelers in die wêreld.

“Die Ou Dame het geen klere aan nie,” het die veteraan Tom Watson gistermiddag met ’n wrede glimlag gespot.

“Ons gaan nie gou weer so ’n maklike dag op hierdie gholfbaan hê nie,” was Rory McIlroy se opsomming.

Skotland se beroemdste gholfbaan het op die eerste dag van die 150ste Britse Ope haar sagter kant gewys en die bestes in die wêreld toegelaat om te baljaar.

En het hulle dit nie geniet nie. Hulle móés.

Soos McIlroy tereg gesê het: die res van die week sal dit waarskynlik nie weer so lekker daar buite wees nie.

“Ons almal het geweet ons moet die beste gebruik maak van die goeie weer. Die baan was reg om uitmekaar geruk te word.”

McIlroy het verdien om so grootbek te praat.

Hy is die voorloper nadat hy die laagste eersteronde-telling in die geskiedenis van die majors (63) opgestel het.

Dié Ier het ’n arend en sewe voëltjies aangeteken en sy goeie peil op dié baan gehandhaaf.

Hy het nog nooit meer as 69 op die Ou Baan aangeteken nie.

Dit was egter nie net McIlroy wat die “makker” Ou Baan waardeer het nie. Louis Oosthuizen, ’n 27-jarige Mosselbaaier, wat vroeër vanjaar die eerste keer in Europa gewen het, het die Ou Dame ook aan die keel beetgekry en agt voël­tjies afgeblits vir ’n 65.

Hy is net twee houe agter McIlroy. In drie vorige verskynings kon Oosthuizen nog nooit die afsnypunt oorleef nie.

Gister het hy óf iets anders oor sy brêkfis gegooi óf iets anders in sy gholfsak gedra.

Wat ook al die rede, die uitslag was skouspelagtig.

Die grootste verrassing was die vertoning van die 44-jarige John Daly.

Dié omstrede Amerikaner het die Ope 15 jaar gelede teen die verwagtinge in hier gewen, maar was sedertdien in die nuus om al die verkeerde redes.

Sy gewig, ’n kroeggeveg buite Hooters, deesdae ’n verhouding met ’n Hooters-kelnerin ...

Daly het gister ’n nuwe hoofstuk geskryf.

Geklee in ’n uitrusting so kleurvol soos hyself ­– pienk, pers, lemmetjiegroen en baba-blou – het hy die “kleurvolste” gholf in die oggendsessie gespeel en weggestap met sewe voëltjies en ’n rondte van 66.

Naas Oosthuizen is Trevor Immelman die voorste Suid-Afrikaner, danksy ’n 68.

Ernie Els en Retief Goosen was bestendig vir rondtes van 69.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 4.0 XLE D-Cab AT PU
2005
R 99,899.00

VOLVO

C70 AT Coupe
2007
R 385,000.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.