Monfils deur tot kwarteind

2010-09-07 08:25
Tweets Share Share line Print

New York. – Gael Monfils is die eerste Fransman sedert 2000 wat daarin geslaag het om tot die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope-tennistoernooi hier deur te dring.

Monfils het sy landgenoot Richard Gasquet gister hier op Flushing Meadows met 6-4, 7-5, 7-5 geklop om sodoende tot die uitklopfase deur te dring.

Monfils sal teen die wenner van die ander wedstryd in die vierde ronde – die derde gekeurde Novak Djokovic van Serwië, of die 19de gekeurde Amerikaner Mardy Fish – in ’n kwarteindstryd te staan kom.

Dit is maar die derde keer dat die 17de gekeurde Fransman tot die uitklopfase van ’n Grand Slam vorder.

Hy is in 2008 in die halfeindronde en verlede jaar in die kwarteindronde elke slag deur Switserland se Roger Federer uitgeskakel.

“Dit is ongelooflik om voor die Amerikaanse skare in ’n kwarteindronde te kan speel,” het Monfils gesê.

Brittanje se Andy Murray het in sy kragmeting met Switserland se 25ste gekeurde Stanislas Wawrinka met 6-7 (3), 7-6 (4), 6-3, 6-3 vasgeval.

Die eerste gekeurde Rafael Nadal van Spanje het sy wedstryd in die derde ronde teen Gilles Simon van Frankyk met 6-4, 6-4 en 6-2 gewen.

In die vroue-afdeling mag Australië se Samantha Stosur op die randjie van haar groot deurbraak in ’n Grand Slam-toernooi wees, maar die Amerikaanse Ope-kampioen Kim Clijsters beplan nie om haar jongste slagoffer te word nie.

Die tweede gekeurde Belg is in 18 wedstryde hier onoorwonne en kom in die een kwarteindronde teen Stosur te staan.

Die wenner sal in Vrydag se een halfeindronde teen die wenner tussen die derde gekeurde Amerikaner Venus Williams en sesde gekeurde Francesca Schiavone te staan kom.

Stosur het die eerste Aussie vrouespeler sedert Wendy Turnbull in 1986 geword om tot die kwarteindronde deur te dring.

Dominika Cibulkova van Slovakye het tot die kwarteindronde deurgedring toe sy 7-5, 7-6 (7/4) met Rusland se Svetlana Kuznetsova afgereken het. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
 
Sport24

- Sapa - AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Johan sê... Wat 'n "g"-slag vir die Stormers. Sterkte vir Saterdag. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2005
R 209,000.00

FORD

Ranger 2.5TD 4x4 Safety D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 217,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.