Mokoka wen SA se 1ste

2011-08-18 07:02
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Stephen Mokoka het Woensdag op die Wêreld-studentespele in Sjenzen, China, Suid-Afrika se eerste atletiekmedalje verower toe hy tweede in die 10 000 m geëindig het.

Suguru Osako van Japan het in ’n tyd van 28:42.83 gewen. Mokoka se tyd was 28:53.09. Ahmed Tamri van Marokko was derde in 29:06.20. Gladwin Mzazi, die Studentekampioen, was sesde in ’n tyd van 29:34.65.

Simoné du Toit was in die eindronde van die diskusgooi vir vroue agtste met ’n afstand van 53.97 m.

Zaneta Glanc van Pole het met ’n gooi van van 63.99 m seker gemaak die goue medalje is hare.

Simon Magakwe, die Suid-Afrikaanse kampioen, was in die 100 m-eindronde sewende in ’n tyd van 10.49 s. Jacques Harvey van Jamaika het in 10.14 gewen.

Nolene Conrad was eintlik die enigste ander Suid-Afrikaanse atleet wat in die hitte en humiditeit kon kophou. Dit was meer ’n geval van woord hou.

Voor dié span se vertrek het sy vol selfvertroue voorspel dat sy die 3000-hindernis in vinniger as 10 minute gaan voltooi. Dit is presies wat sy gedoen het.

Conrad het in haar uitdun ’n tyd van 9:59.89 opgestel, wat amper ses sekondes vinniger as haar vorige beste tyd van 10:05.30 is.

Sy is maar die derde Suid-Afrikaanse atleet wat daarin slaag om die 3 000-hindernis in ’n tyd van onder 10 minute af te lê.

Tebogo Masehla (9:54.19) en Angela Wagner (9:58.68) is die ander twee atlete wat met tye van vinniger as 10 minute spog.

Volgens Conrad was dit belangrik om vir haarself te bewys sy kan deur die 10 minute-grens breek.

“Dit is wat my dryf elke keer wanneer ek deelneem.”

In die 3 000-hindernis se uitdunne vir mans het Tshepo Molepo (8:50.05) en Dean Brummer (8:53.52) albei seker gemaak hulle dring deur.

PC Beneke is ook deur na die volgende ronde met sy tyd van 51.92 in die 400-hekkies.

Beneke sê hy het net één doelwit en dit is ’n plek in die eindronde.

“Verlede jaar was nie ’n maklike jaar nie omdat ek heelwat las van beserings gehad het, maar gelukkig is dit nou iets van die verlede. Ek voel beslis sterker en vinniger.”

Beneke is stilweg vol vertroue dat hy op die Studentespele die eerste keer daarin sal slaag om ’n tyd van vinniger as 50 sekondes op te stel. 

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: stephen mokoka  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 4.0 XLE D-Cab AT PU
2005
R 99,899.00

VOLVO

C70 AT Coupe
2007
R 385,000.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.