Mokoena wen goud in Oslo
2011-06-10 10:52
Kaapstad - Suid-Afrika se verspring-atleet Khotso Mokoena het Donderdag 'n goue medalje by die Bislet Spele in Oslo, Noorweë gewen.
Mokoena se sprong van 8.08 m kon hom egter nog nie vir die Wêreldkampioenskap laat kwalifiseer nie.
In die 800 m-naelloop vir vroue het Halima Hachlaf van Morokko die goue medalje gewen.
Die Rus, Maria Sawinowa van Rusland was tweede en Suid-Afrika se Caster Semenya was derde.
Semenya se tyd van 1:58.61 was haar vinnigste 800 m-tyd van die jaar.
In die 200 m het die Jamaikaan Usain Bolt 'n gemaklike oorwinning behaal en die afstand in die vinnigste tyd (19.86) dié jaar afgelê.
Dit is die eerste keer in 13 maande dat Bolt aan dié item deelneem.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- RSG