Mokoena is hoopvol

2012-01-25 07:05
Tweets Share Share line Print

Pretoria – “Khotso Mokoena is klaar met atletiek.”

Dié gerug is verlede jaar ’n paar keer gehoor toe Mokoena nie op die Wêreldbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, vir die verspring-eindronde gekwalifiseer het nie.

Gelukkig vir Suid-Afrikaanse atletiek steek daar geen waarheid in dié gerug nie.

“Ek het ook die stories gehoor dat ek gaan uittree en kan maar net daaroor lag,” het Mokoena Dinsdag gesê.

“Waarom sal ek nou wil uittree? Ek word vanjaar maar eers 27 en as ek myself oppas, kan ek totdat ek 36 is bly deelneem.

“Ek glo in God en die talent wat hy my gegee het. Dit is regtig vir my belangrik om die meeste daarvan te maak.

“Ek twyfel nie dat ek weer vir Suid-Afrika ’n medalje op die Olimpiese Spele sal kan wen nie.

“Ek is beslis sterker en fikser as wat ek voor 2008 se Olimpiese Spele in Beijing was.”

Mokoena hoop ook om weer eens ’n medalje op die Binnenshuise Wêreldbyeenkoms (9-12 Maart) in Istanboel, Turkye, te wen.

Hy was in 2008 die kampioen en in 2010 het hy ’n silwermedalje gewen.

As deel van sy voorbereiding vir die Binnenshuise byeenkoms gaan Mokoena vier keer internasionaal deelneem.

Sy eerste byeenkoms is aanstaande week (5 Februarie) in Moskou en daarna 10 Februarie in Düsseldorf, 18 Februarie in Birmingham en 23 Februarie in Stockholm.

Die groot vraag op elke atletiekliefhebber se lippe is of Mokoena al daarin kon slaag om die tegniese foute in sy aanloop uit te stryk.

Dié probleem het Mokoena verlede jaar groot frustrasie besorg.

Sy grootste teleurstelling was toe hy nie in Suid-Korea vir die verspring-eindronde kon kwalifiseer nie.

Sy beste afstand in die uitdunne was 8m.

Dit het maar sleg afgesteek teen die 8.47 waarmee hy op die Wêreldbyeenkoms in 2009 in Berlyn, Duitsland, die silwermedalje gewen het.

Kenners wat Mokoena in aksie gesien het, is dit eens dat hy te vinnig op die plank afkom en daarom sukkel om reg vas te trap.

As Mokoena die slag reg vastrap, gaan hy vlieg, is die algemene voorspelling.

Volgens Mokoena het hy en sy afrigter, Hansie Coetzee, die laaste weke hard aan sy aanloop gewerk.

“Dit is beslis beter, maar nog nie 100 persent nie. Wat belangrik is, is dat ek meer selfvertroue het wanneer ek my aanloop doen.

“Ek twyfel nie dat my aanloop perfek by die Spele sal wees nie.”

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: khotso mokoena  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 4.0 XLE D-Cab AT PU
2005
R 99,899.00

VOLVO

C70 AT Coupe
2007
R 385,000.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.