Minnares sleep sportster hof toe
2010-01-13 12:12
Los Angeles - Shaquille O’Neil se voormalige minnares, Vanessa Lopez, gaan die basketbalster hof toe sleep vir teistering.
Lopez en haar advokaat, Gloria Allred, het Dinsdagoggend tydens 'n nuuskonferensie in Los Angeles aangekondig dat hulle aanklagte teen die basketballegende aanhangig gaan maak.
Volgens ‘n persverklaring deur Allred was Lopez “tot onlangs Shaquille se meisie,” en sal sy "vertel van die teistering wat sy moes deurmaak”.
Lees meer op radaronline.com