Mickelson vat die PGA-trofee
2009-09-28 01:26
Atlanta, Georgia – Phil Mickelson het ‘n moeilike seisoen agter die rug, maar ten spyte daarvan is hy Sondag as die wenner van die PGA Toerkampioenskap aangekondig.
Tiger Woods het weggestap met die $10 miljoen (R74 miljoen) bonus as die wenner van die FedEx-trofee.
Mickelson het Sondag vyf-onder par behaal vir ‘n nege onder die wentotaal van 271, sy eerste oorwinning sedert sy vrou en sy ma hierdie jaar met borskanker gediagnoseer is.
Woods, wat die uitspeelreeks verlede jaar gemis het as gevolg van ‘n knie-operasie, het die prys vir die tweede keer in drie jaar gewen.
Woods het afgesluit met 70, wat hom tweede geplaas het, na Mickelson, op 274.
- Sapa - AFP