Mbalula soek Spele steeds in Durban
2011-06-14 23:15
Kaapstad - Die departement van sport het nog nie moed opgegee om die Olimpiese Spele in 2020 aan te bied nie ondanks 'n aankondiging van die regering dat die tyd nie reg is nie.
Die minister van sport, Fikile Mbalula, het gesê dit is jammer dat hy in die hospitaal was toe die kabinet teen 'n bod besluit het, wat tot gevolg gehad het dat die Suid-Afrikaanse Sport- konfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) sy planne laat vaar het om die Spele vir die eerste keer na Afrika te bring.
Mbalula het egter aan verteenwoordigers van die toerismebedryf in Johannesburg gesê die bodproses vir 2020 is nog steeds oop.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- RSG