Mark Coma onttrek uit Dakar
2012-12-21 14:26
Barcelona – Die driemalige motorfietskampioen Marc Coma van Spanje het aangekondig dat hy nie in Januarie aan die Dakar-uithouwedren sal deelneem nie, weens gesondheidsredes.
Volgens berigte in Spanje het Coma Vrydag gesê dat hy nie voldoende van 'n skouerbesering herstel het om in die uitmergelende tydren, wat op 5 Januarie in Lima, Peru begin, te jaag nie.
Coma het sy skouer in Oktober in die Monaco-uithouwedren ontwrig.
Hy het die Dakar in 2006, 2009 en 2011 gewen en sy wedywering met die Fransman Cyril Despres in onlangse jare altyd een van die tydren se hoogtepunte.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AP