Maria lyk pure kampioen

2011-08-28 14:16
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Maria Sharapova het tot dusver dié seisoen in elk van die Grand Slam-toernooie verbeter op haar vertoning in die vorige Grote.

As sy dié neiging in die Amerikaanse Ope by Flushing Meadows volhou, sal sy oor twee Sondae die trofee die lug indruk.

Dié Russiese blondine het in Januarie in die Australiese Ope in die vierde ronde uitgeval; by Roland Garros tot die halfeindronde deurgedring en by Wimbledon in die eindstryd verloor.

Daar is net één manier om daarop te verbeter – en gemeet aan haar mees onlangse vertonings op die harde bane van die VSA, staan sy ’n uitstekende kans om dit te doen.

Sharapova begin haar aanslag op die titel môre as die derde gekeurde en op die golf van sukses ná haar sege verlede naweek in die Western & Southern Ope. Dit was haar tweede titel van die jaar, en plaas haar ferm onder die gunstelinge op die baan waar sy in 2006 haar tweede Grand Slam-trofee gewen het.

Daar word inderwaarheid in die aanloop tot die toernooi net oor twee vroue gepraat as moontlike titel-aanspraakmakers: Sharapova en Serena Williams.

Williams is net 28ste gekeur, maar haar posisie op die ranglys het haar nog nooit gekeer nie.

Sy het net verlede maand teruggekeer nadat beserings en siekte haar vir elf maande uit die sport gehou het, maar sy het sedertdien reeds twee titels gewen: in Stanford en Toronto.

En dit was twee baie oorheersende seges.

Sy het wel verlede week onttrek van die Western & Southern Ope weens ’n seer toon, maar dit was ’n blote voorkomingsmaatreël.

Sy was inderdaad gesond genoeg om die troue van haar vriendin Kim Kardashian by te woon, en het gewaarsku: “Nou het ek meer geleentheid om uit te rus en 200% gesond te word – en dít kan ’n baie gevaarlike ding wees.”

Natuurlik mag ’n mens nie oor vroue-tennis praat sonder om die onvoorspelbaarheid daarvan in ag te neem nie – en soos die vorige majors van die jaar gewys het, kan enige van die top-vroue deesdae ’n grote wen.

Li Na het harte gesteel toe sy die Franse Ope in Junie gewen het – en sy kan weer gevaarlik wees in New York.

Sy het wel nog nooit by ­Flushing Meadows verby die kwarteindronde gevorder nie, maar dit was voor Junie ook die geval by Roland Garros.

Moet dus nie teen die geskiedenis vaskyk nie.

Petra Kvitova het verras met haar oorwinning by Wimbledon, maar sy het ook gewys dat sy sakke vol talent het en enige tyd dreigend kan wees.

En die tweede gekeurde, Vera Zvonareva, het die afgelope maand tot twee groot eindstryde deurgedring.

Die eerste gekeurde is die Deen Caroline Wozniacki, maar sy word nie as ’n gunsteling beskou nie.

Ondanks haar reuse-sukses buite die majors, was sy nog net in een Grand Slam-eindstryd, én behaal sy in die grotes nooit die peil van ander weke nie.

Boonop daag sy in New York op nadat sy ál drie haar laaste wedstryde verloor het.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 4.0 XLE D-Cab AT PU
2005
R 99,899.00

VOLVO

C70 AT Coupe
2007
R 385,000.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.