Maria Sharapova gaan afhaak
2010-10-22 11:13
San Diego - Die Russiese tennisster Maria Sharapova het verloof geraak aan haar kêrel, Sasha Vujacic, wat vir die Los Angeles Lakers basketbal speel.
"Ons is verloof en baie gelukkig," het Vujacic wat in Slowenië gebore is, Donderdag voor die Lakers se opwarmingswedstryd teen Golden State aan joernaliste gesê.
Sharapova se agent het die nuus bevestig. Maar gesê daar is nog nie op 'n troudatum besluit nie.
Die voormalige eerste gekeurde vrouetennisspeler is tans nr.18 op die wêreldranglys nadat 'n skoueroperasie én elmboogbesering haar 'n tyd lank uit groot toernooie gehou het.
Sy het haar eerste Grand Slam-titel in 2004, by Wimbledon op 17-jarige ouderdom gewen.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24