Man vas vir Woods 'pop-kuns'
2010-01-14 12:28
Denver – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy die etikette op talle bottels Gatorade vervang het met etikette wat ‘n foto van Tiger Woods en sy vrou en die woord ontrou (unfaithful) op het.
Jason Eric Klay (38) van Colorado is Woensdag op drie aanklagte aangehou omdat hy glo voedsel-etikette verander het met die doel om ‘n besigheid of handelsnaam skade aan te rig.
Klay sal Donderdag in die landdroshof in Denver verskyn.
Volgens ‘n verklaring het Klay aan ‘n speurder gesê hy is ‘n kunstenaar en sien hy glo die etikette as pop-kuns in die styl van Andy Warhol.
Aanklaers het gesê die bottels is deur supermarkte in Boulder, Erie, Broomfield en Longmont gevind.
- Sapa-AP