Magtige Visrivier roep langasems
2011-05-24 15:23
Kaapstad - Met die onlangse reddingsdrama van stappers in Namibië se magtige Visrivier nog vars in die geheue, skuif die aandag van langasem-avonturiers op 27 Augustus opnuut na die tweede grootste spoelvallei in die wêreld.
Dit is wanneer die uitdagende Fish River Challenge oor 100 km deur rateltaai hardlopers aangedurf sal word op soek na die magiese rekordtyd van 10 ure.
Daardie droomtyd het al die Suid-Afrikaanse langasem Ryan Sandes ontwyk toe hy vroeër vanjaar in sy aanslag misluk het.
Nou is dit tyd vir die dapperstes om te kyk of hulle die huidige rekordtyd van 10 ure, 54 minute kan laat krimp.
Dié uitsonderlike tyd behoort aan vier Namibiërs, Russell Paschke, Charlie du Toit, Coenraad Pool en Tommy van Wyk, wat op 16 Augustus 2003 die wêreldbekende staproete van die magtige Visrivier-spoelvallei aangedurf het vir die bestaande rekordtyd.
Lees verder.
- Republikein