Louis ewenaar rekord in China

2011-11-05 07:14
Tweets Share Share line Print

Wildekus - Louis Oosthuizen het die Sheshan-gholfbaan in Sjanghai gister behoorlik bloedneus geslaan om ná die tweede ronde van die HSBC-kampioenskapstoernooi net ’n enkele hou agter die voorloper te wees.

Oosthuizen, verlede jaar se Britse Ope-kampioen, het die baanrekord van 63 (nege houe minder as baansyfer) geëwenaar met ’n foutlose vertoning wat nege voëltjies opgelewer het.

Dit is dié Suid-Kapenaar se beste telling tot nog toe in die PGA-reeks.

Oosthuizen (134 houe) is een van 16 spelers binne ses houe van die voorloper, die Sweed Fredrik Jacobson (133) , wat ’n 66 aangeteken het. Hy deel die tweede plek met die Australiër Adam Scott, wat 65 houe in die tweede ronde gespeel het.

’n Verdere hou terug is die eersteronde-voorloper, die PGA-kampioen, Keegan Bradley, en ’n hou agter hom is die wenner van verlede week se Asia Pacific-kampioenskapstoernooi, Bo van Pelt, en die Engelsman Paul Ca­sey.

Oosthuizen speel vanjaar die eerste keer in die Amerikaanse PGA-reeks. Hy het egter die grootste deel van die jaar oninspirerend vertoon, maar het in die afgelope paar weke sy goeie spelpeil van 2010 begin herwin. Gister het hy uitmuntend vertoon.

Sy herstel ná ’n eerste ronde van 71 het gister vroeg begin met voëltjies op die tweede en derde putjies.

En hy het dit opgevolg met drie voëltjies in ’n ry, tussen die sesde en agtste putjies.

Vier voëltjies oor die laaste nege – waarvan een op die 13de ná ’n lang sethou – het sy dag vervolmaak.

“Ek dink nie ek het al ooit ’n 63 (in ’n toernooi) aangeteken nie,” het die Suid-Afrikaner volgens Eurosport gesê. “Ek kon dalk al ’n 62 in ’n toernooi aangeteken het, maar die laaste keer dat ek ’n 63 gespeel het, was waarskynlik op my plaaslike gholfbaan in Suid-Afrika. Ek kan nie onthou van een setperk wat ek vandag (gister) nie in regulasie-houe bereik het nie; en ek het die bal baie goed geslaan. Dit was ’n goeie, soliede dag.”

Die Amerikaanse Meesterskampioen, Charl Schwartzel, is ses houe agter Jacobson ná ’n 69 en sy landgenote Rory Sabbatini (69) en Jbe’ Kruger (70) ’n verdere hou terug.
Keith Horne is agt houe agter ná ’n 70 en Ernie Els se telling is gelyk aan baansyfer danksy ’n 69.

Thomas Aiken is egter op een na laaste nadat hy ’n eerste ronde van 76 met ’n 75 opgevolg het.

– Sport24

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

Lees meer oor: louis oosthuizen  |  gholf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 4.0 XLE D-Cab AT PU
2005
R 99,899.00

VOLVO

C70 AT Coupe
2007
R 385,000.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.