Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Louis, Charl wil vir Meesters vergoed

2012-04-12 08:58
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Suid-Afrika se twee voorste gholfspelers, Charl Schwartzel en Louis Oosthuizen, sal die teleurstellings van die afgelope Amerikaanse Meesterstoernooi van vandag af saam-saam op die agtergrond wil skuif wanneer hulle in die eerste twee rondes van die Maleisiese Ope saam speel.

Oosthuizen, die Britse Ope-kampioen van 2010, het Sondag binne millimeters daarvan gekom om ’n groen Meestersbaadjie van Schwartzel, verlede jaar se kampioen, te ontvang, maar hy is van dié voorreg ontneem toe die Amerikaner Bubba Watson die titel met ’n wonderhou op die tweede uitspeelputjie syne gemaak het.

Schwartzel het Dinsdag gesê hy en Oosthuizen het nie op hul vlug van Georgia na Kuala Lumpur oor die teleurstellende wending by Augusta gepraat nie.

Hulle sal die onderwerp waarskynlik ook nie aanroer wanneer hulle die skoonvelde van die Kuala Lumpur-gholfklub Donderdag en Vrydag saam bewandel nie.

Ná ’n vriendskap van ’n dekade en ’n half het dié duo hope meer om oor te gesels as ’n hartverskeurende dag in Augusta.

Schwartzel het gesê hy was onbeskaamd aan Oosthuizen se kant tydens Sondag se aksie.

“Dit sou ’n sprokiesverhaal gewees het om die baadjie om Louis se skouers te hang, maar dit was nie só bestem nie.

“Ek dink hy het die beste gholf van almal gespeel en het verdien om te wen, maar dit het nie so uitgewerk nie.

“Soms is gholf nie regverdig nie,” het hy volgens die Europese reeks se webwerf gesê.

Oosthuizen het gesê hy is steeds teleurgesteld, maar hy weier om in sak en as te sit oor sy tweede plek.

“Dit beteken eenvoudig dat ek die baadjie nou selfs méér wil hê,” het hy gesê.

“Maar eers hoop ek om my goeie peil van die laaste weke voort te sit.

“Ek dink enigeen wat bestendig goed speel wil in so veel moontlik toernooie speel en hopelik ’n paar keer in die wenkampie draai.”

Schwartzel en Oosthuizen het Donderdagoggend om 02:00 (SA tyd) saam met Thailand se Thongchai Jaidee afgeslaan.

Die Suid-Afrikaners Jbé Kruger, Branden Grace en Hennie Otto – wat reeds dié seisoen in die Europese reeks geseëvier het – George Coetzee, Richard Sterne, Peter Karmis, Tjaart van der Walt en Keith Horne is ook in Maleisië in aksie.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport
 

VOLGENDE OP NUUS24X

Ses Stormers op krukke

38 minute gelede

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Central Johannesburg - 08:41 AM
    Road name: M2 Westbound
    DELAYS approaching the Rissik Street exit
  • Wednesday Pretoria - 08:40 AM
    Road name: N4 Bakwena Highway Eastbound
    DELAYS approaching the Doornpoort Toll Plaza
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JAVA Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Business Analyst

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.