Li Na trap klei op Wimbledon se gras

2011-06-24 08:09
Tweets Share Share line Print

Londen. – ’n Franse Ope-tennistitel is g’n waarborg vir sukses op die grasbane van Wimbledon nie.

Dít is die harde les wat China se Li Na gister geleer het toe ’n onbesonge Duitser, Sabine Lisicki, haar Wimbledon-drome verydel het.

Lisicki, wat 62ste op die wêreldranglys is, het die derde gekeurde met 3-6, 6-4, 8-6 in die tweede ronde uitgeskakel in die grootste opskudding sover in vanjaar se toernooi. Li het in die jaar se eerste twee Grand Slam-eindstryde gespeel en ná haar sukses in Parys is groot dinge van haar verwag.

Lisicki het egter laaste gelag.

- Enkele oomblikke nadat sy haar plek in die derde ronde bespreek het, het Serena Williams wéér op die aanval gegaan.

Dié slag was die Wimbledon-beamptes wat haar op baan nr.2 laat speel het aan die ontvangkant van ’n paar opstoppers.

Williams het ná haar sege oor Roemenië se Simona Halep met 3-6, 6-2, 6-1 gesê dat mansspelers soos Rafael Nadal en Novak Djokovic spesiale behandeling kry.

Ten spyte daarvan dat sy die verdedigende kampioen is, het beamptes dit goed gedink om haar op die buitewyke van die All England Club te laat speel.

Dié skedulering het die viermalige kampioen op haar perdjie gehad.

Volgens haar dui dit op voorkeur-behandeling vir die twee voorste gekeurde mans, Nadal en Djokovic, wat tussen hulle minder titels saam as sy gewen het hier by Wimbledon. Hulle sal nooit dieselfde behandeling as sy kry nie, het die 28-jarige Amerikaner gesê.

“Ek weet nie hoekom ek altyd op baan nr.2 moet speel nie. Ek sal dalk mettertyd die logika snap, maar tot dan bly dit ’n duistere saak.”

Of Djokovic te hore gekom het van Williams se ontevredenheid is nie duidelik nie, maar die Serwiër het gister die praatwerk op die baan gedoen met sy spel. Die naasbeste speler ter wêreld het Suid-Afrika se Kevin Anderson met 6-3, 6-4, 6-2 geklop.

Anderson het Djokovic wel laat hard werk vir dié sege en die Serwiër was met tye duidelik gefrustreerd.

Die 24-jarige Djokovic se standaarde is hoog nadat hy al vanjaar 41 wedstryde gewen en net 1 verloor het.

“Geestelik is ek beslis anders ingestel as die vorige paar jaar. Dit is nou maklik om op die baan te stap, want jy glo in jouself en dat jy enigiemand kan klop,” het Djokovic gesê.

Die ander oorblywende Suid-Afrikaner in die loting, Rik de Voest, is ook uitgeskakel. Chili se Fernando Gonzalez het hom met 6-4, 6-4, 6-4 ore aangesit.

Op die hoofbaan was daar ’n taai stryd tussen Robin Soderling van Swede en ’n voormalige kampioen, Lleyton Hewitt. Soderling was met 6-7, 3-6, 7-5, 6-4, 6-4 baas in net minder as vier uur.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: li na  |  serena williams  |  tennis  |  wimbledon

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 4.0 XLE D-Cab AT PU
2005
R 99,899.00

VOLVO

C70 AT Coupe
2007
R 385,000.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.