Li Na is prinses van Parys

2011-06-05 09:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die breedste glimlag in die Franse hoofstad het Saterdag behoort aan ’n Chinese vrou: Li Na, die nuwe koningin van Roland Garros en eerste Asiese wenner van een van tennis se Grand Slam-toernooie.

Li het Roland Garros se Philippe Chatrier-baan Saterdag met die Suzanne Lenglen-beker verlaat nadat sy die 2010-kampioen, Francesca Schiavone van Italië met 6-4, 7-6 (7/0) geklop het.

Die 29-jarige Chinees het 108 minute nodig gehad om ’n veglustige Schiavone onder te kry, maar het uiteindelik net te veel gas op haar voorarmhoue en beter beheer oor haar senuwees op die belangrikste punte gehad.

Die grootste oorwinning van haar lewe het gevolg ná ’n wedstryd waarin sy 31 wenhoue en drie kishoue geslaan het, twee keer deurgebreek het op Schiavone se afslaan en 70% van die punte op haar eie afslaan gewen het.

Li was skynbaar op pad na ’n maklike oorwinning toe sy in die heel eerste afslaanpot van die tweede stel op die Italianer se wankelrige afslaan deurgebreek het, om te voeg by ’n deurbraak in die vyfde pot van die eerste stel.

In daardie eerste stel, wat net 39 minute geduur het, het sy al die antwoorde gehad.

Sy het Schiavone se onsekerheid op haar rughand-kant telkens uitgebuit en die stel afgesluit met vyftien wenhoue in die sakkie, teenoor net drie vir Schiavone.

Die Italianer se probleme het begin by haar afslaan, wat in die eerste stel deurgaans goed gelees is deur Li. Boonop het die Chinees haar vir die eerste 17 potte van die wedstryd nie eens ’n halwe kans gegee om deur te breek nie.

Maar met ’n groot groep raserige Italianers agter haar sou Schiavone nooit lank stil gehou word nie, en sy het gesorg vir krake in Li se aanvanklik onverstoorbare houding toe sy in die agtste pot van die tweede stel ’n enkele breek-geleentheid nodig gehad het om die wedstryd op sy kop te keer.

Waar sy aanvanklik die senuweeagtige speler was – en heelwat verkeerde opsies geneem het – het die nuwe energie in haar spel Li onder druk gesit, en sy het die ongedwonge foute in die tweede stel ingeryg.

Schiavone het dieselfde veggees waarmee sy die Australiër Samantha Stosur twaalf maande gelede geklop het, tentoongestel en die fronse op die gesigte van Li en haar kamp het al dieper geraak.

Maar net so onverwags soos die eerste ommekeer in die wedstryd was, was die tweede.

Ná die deurbraak in die agtste pot het albei spelers hul afslane behou en ’n valbylpot afgedwing. Schiavone was skynbaar die speler met die momentum in haar guns, maar toe sy haar eerste afslaan verloor ná sy die bal teen die net vasgeslaan het, het Li bloed geruik en nie weer ’n enkele punt verloor nie.

Danksy die oorwinning is Li – ’n geen-nonsies figuur met ’n rooi roos getatoeëer op haar bors – nou die eerste Chinese wenner van ’n Grand Slam-toernooi. Sy was ook in 2004 die eerste Chinese wenner van ’n WTA-toernooi, in 2006 die eerste Chinese vrou in ’n Wimbledon-kwarteindstryd en die eerste Chinees in die top-10 van die wêreldranglys.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

- Sport24

Lees meer oor: li na  |  franse ope 2011  |  tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 4.0 XLE D-Cab AT PU
2005
R 99,899.00

VOLVO

C70 AT Coupe
2007
R 385,000.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.