Legendariese fietsryer raakgery

2010-03-18 06:57
Tweets Share Share line Print

Jana Breytenbach, Die Burger

Kaapstad-Willie Engelbrecht, een van Suid-Afrika se voorste fietsryers van weleer, is Woensdag op die Contermanskloof-fietsroete deur ’n plaas­trok raakgery.

Engelbrecht (47) is ’n vyfmalige wenner van die Cape Argus Pick n Pay-fietstoer en het onder meer sowat 20 Suid-Afrikaanse fietsry-titels gewen.

Hy en ’n vriend het omstreeks 09:15 op dié fietsroete naby die Vissershok- en Contermanskloof-pad gery toe ’n plaastrok hom van voor getref het. Hy het onder die vragmotor beland.

Hy het twee gebreekte ribbes en ’n sny aan die been opgedoen – dieselfde been wat twee jaar gelede in ’n ernstige ongeluk beseer is. Dokters het hom destyds net ’n 30%-kans gegee om dié been te behou.

“Die trok het aan die verkeerde kant van die pad gery en in my vasgery terwyl die son in sy oë geskyn het.”

Engelbrecht het verder gesê die bestuurder het dadelik gestop en aangebied om hom hospitaal toe te neem, maar Engelbrecht het op sy fiets geklim en huis toe gery.

“Ek kon dit net halfpad ry en toe moes iemand my oplaai en my dokter toe neem.”

Hy is ’n lid van die Tygerberg-fietsryklub, by wie hy ’n maandelikse permit koop om toegang tot sommige fietsroetes op plase te mag ­gebruik.

Adrian Windsor, klubsekretaris van die Tygerberg-fietsryklub, het gesê die roete word nie deur die klub onderhou nie.

Volgens Windsor het die klub ’n verstandhouding met die plaasbestuurder, Robert Stark, dat lede van die klub op die Contermanskloof-plaas mag ry.

Stark het by navraag aan Die Burger gesê hy is glad nie bewus van die voorval nie en dat hulle nie met trokke op die plaas werk nie.

“Daar is twee maatskappye wat grond huur op ons plaas wat wel met trokke werk, en dit is moontlik dat die bestuurder vir een van die twee maatskappye werk.”

Engelbrecht het nie die voorval by die polisie aangemeld nie.

- Die Burger

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 4.0 XLE D-Cab AT PU
2005
R 99,899.00

VOLVO

C70 AT Coupe
2007
R 385,000.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.