Lastige vraag maak Oscar die josie in
2011-09-07 09:08
Londen. – Oscar Pistorius se humeur het Dinsdag opgevlam toe ’n BBC-joernalis hom vra of hy ’n “lastige verleentheid” vir nasionale en internasionale beamptes is omdat hy deelneem aan atletiekbyeenkomste vir nie-gestremdes.
“Ek dink jy beledig my en ek dink hierdie onderhoud is verby,” het Pistorius gesê.
Die onderhoudvoerder het hom verseker die vraag is nie as ’n belediging bedoel nie, maar Pistorius het gesê: “Dit is ’n belediging. Baie dankie.”
Dit was die einde van die onderhoud.
Pistorius het tydens die wêreldkampioenskapstoernooi in Daegu, Suid-Korea, die halfeindronde van die 400 m gehaal. Hy het ook die Suid-Afrikaanse 400 m-aflosspan gehelp om na die eindstryd deur te dring.
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- Sapa - AP