Landis: Ek hét verbode middels gebruik
2010-05-20 15:20
New York - Die fietsryer Floyd Landis, wat sy Tour de France-titel in 2006 kwyt was nadat hy weens verbode middels positief getoets is, het erken dat hy dié middels gebruik het.
Landis het appèl teen sy skorsing van twee jaar aangeteken, maar Sport se arbitrasiehof het dit verwerp en die Spanjaard Oscar Pereiro is as 2006 se Tour de France-kampioen gekroon.
Die Wall Street Journal het berig dat Landis, in e-pos wat hy na amptenare en borge van fietsry gestuur het, erken dat hy verbode middels gebruik het en dat sy landsgenoot Lance Armstrong presies dieselfde gedoen het.
Landis beweer dat Armstrong tydens oefenritte aan hom verduidelik het hoe die proses van verbode middels werk.
Lees die volledige artikel hier.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- ESPN.com