Lance jok steeds, sê sport-hoë
2013-01-19 10:40
Video - Lance Armstrong-onderhoud
Kyk hier hoe die fietsryer Lance Armstrong erken dat hy opkikkers in al sewe sy Tour de France-oorwinnings gebruik het.
KYK
New York - Lance Armstrong is steeds nie eerlik oor die omvang van sy gebruik van opkikkers nie, ten spyte van sy bekentenis aan Oprah Winfrey, het die hoof van die Wêreldliggaam teen verbode middels, John Fahey, gesê.
Fahey het gesê Armstrong was oneerlik in die onderhoud toe hy gesê het hy het ná 2005, toe hy sy sewende Tour de France-titel gewen het, opgehou om opkikkers te gebruik.
Armstrong het ná dié oorwinning afgetree, maar het in 2009 'n terugkeer tot die sport gemaak. Hy het herhaaldelik in sy onderhoud met Winfrey gesê hy het nie ná sy terugkeer opkikkers gebruik nie.
"Die bewyse van Usada is dat Armstrong se bloedtoetse variasies getoon het wat met absolute duidelikheid wys dat hy ná 2005 opkikkers gebruik het," het Fahey aan Londen se Daily Telegraph gesê.
"Glo jy Usada of glo jy vir Armstrong? Ek weet wie om te glo."
Fahey het gesê Armstrong ontken dalk die gebruik van opkikkers ná 2005 omdat hy vervolging in die VSA wil vryspring.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24Sport op Twitter.