Laaste kans vir Comrades-inskrywings
2010-11-29 15:40
Kaapstad - Atlete wat nog vir aanstaande jaar se Comrades-marathon in KwaZulu-Natal wil inskryf, sal moet spring. Die sluitingsdatum is Dinsdag, 30 November.
Uit die 18 000 beskikbare plekke is sowat 17 005 inskrywings reeds ontvang.
“Weens logistieke beperkinge en die aantal deelnemers sal die sperdatum vir inskrywings nie verleng kan word nie," het die uitvoerende hoof van die Comrades-marathonvereniging (CMA), Gary Boshoff, Maandag gesê.
Die 86ste Comrades, die wêreld se grootste ultra-marathon, sal aanstaande jaar vanaf Durban tot Piermaritzburg op 29 Mei plaasvind.
Die CMA het gesê inskrywingsvorms is beskikbaar by Mr Price, Sportmans Warehouse, atletiekklubs, sportverenigings, die CMA en aanlyn.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24