LJ wen brons in S-Korea
2011-09-01 15:19
Daegu, Suid-Korea – Die nasionale rekordhouer in die 400 m-hekkies, LJ van Zyl, het Donderdag Suid-Afrika se eerste medalje by die Wêreldbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, gewen.
Van Zyl, wat nie 'n vinnige tyd in die uitdunne gehardloop het nie, het oor die laaste 40 m gesukkel.
David Greene van Brittanje het goud in 'n tyd van 48.26 sekondes gewen met Javier Culson van Amerika (48.44) in die tweede plek.
Van Zyl se landgenoot, Cornel Fredericks, het in die vyfde plek geeïndig.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA