LJ voor strafste toets in 400-hekkies

2011-05-26 10:06
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Haastig, sommer baie haastig, is die enigste manier om LJ van Zyl se vertonings in die 400 meter-hekkies te beskryf.

Hy het drie keer vanjaar deelgeneem en nog elke keer ’n tyd van wêreldgehalte opgestel. Sy wentye van 47.66 s (SA rekord), 47.73 en 48.11 is tot dusver vanjaar die vinnigste in internasionale atletiek.

Die groot vraag wat plaaslike atletiekondersteuners hulself afvra, is hoe lank Van Zyl kan volhou om sulke vinnige tye te hardloop.

Donderdagaand (om 20:03) se wedloop in Rome op die derde Diamantliga-byeenkoms sal waarskynlik sy strafste toets vanjaar wees. Vyf van sy teenstanders spog ook met tye van vinniger as 48 sekondes.

Johnny Dutch van die VSA was verlede jaar die naasvinnigste atleet (47.63), gevolg deur Javier Culson van Puerto Rico met ’n tyd van 47.72, Angelo Taylor van die VSA (47.79), Kerron Clement van die VSA (47.86) en David Greene van Brittanje (47.88).

Hennie Kotzé, sy afrigter, is stilweg vol vertroue dat Van Zyl weer ’n goeie wedloop gaan hardloop en kan wen.

“Die belangrikste is dat LJ hom nie moet bekommer oor wat sy teenstanders doen nie en net fokus op die wedloop-taktiek waarop ons ooreengekom het.

“Ek het twee tyd-doelwitte aan LJ gestel. Die eerste is by die vyfde hekkie en die tweede by die agtste hekkie. Dit is ook belangrik dat hy op sy pasritme fokus. As almal ná die vyfde hekkie steeds by mekaar is, moet LJ dit soos ’n halfeindronde-wedloop benader. Dit beteken hy moet ’n tyd vinniger as 48.20 hardloop.”

Usain Bolt van Jamaika se vertoning sal ook groot belangstelling wek. Dit is die eerste keer dat die wêreldrekordhouer in die 100 (9.58) weer deelneem nadat Tyson Gay van die VSA hom verlede jaar in Stockholm geklop het. Bolt was voor daardie wedloop twee jaar lank onoorwonne in die 100 m. Hy het agterna weens ’n rug- en hakskeenbeserings nie weer deelgeneem nie.

Bolt het in ’n onderhoud op die byeenkoms se webwerf gesê dat sy ondersteuners nie moet verwag dat hy dadelik ’n aardskuddende tyd gaan hardloop nie. “Die wedloop is net ’n losmaker om te sien waartoe ek op die oomblik in staat is.

Ek het vanjaar net een doelwit en dit is om my 100- en 200-titels op die Wêreldbyeenkoms in Suid-Korea te behou.” Asafa Powell (Jamaika), ’n voormalige wêreldrekordhouer (9.72), neem ook deel.

Mbulaeni Mulaudzi, Suid-Afrika se wêreldkampioen in die 800, is die eerste keer in amper 10 maande weer in aksie. Sunette Viljoen, Suid-Afrika se vroue spiesgooikampioen, sê haar vernaamste doelwit is om die kwalifiserende A-vereiste van 61 m vir die Wêreldbyeenkoms te oortref.

Peter van der Westhuizen is in die 5 000 m in aksie. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: lj van zyl  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 4.0 XLE D-Cab AT PU
2005
R 99,899.00

VOLVO

C70 AT Coupe
2007
R 385,000.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.