Kvitova, Clijsters pak mekaar in Parys-eindstryd
2011-02-12 23:26
Parys – Petra Kvitova van die Tsjeggiese Republiek het die eindstryd van die Parys Ope-toernooi gehaal ná haar 6-2, 6-0 oorwinning oor die Amerikaanse Bethanie Mattek-Sands.
Die 18de gekeurde Kvitova het minder as 'n uur geneem om die 48ste gekeurde Mattek-Sands te elimineer.
Kvitova en Kim Clijsters van België pak mekaar in die eindstryd.
Clijsters, die Australiese Ope-kampioen, het haar kaartjie vir die eindstryd bespreek toe sy die derde gekeurde Kaia Kanepi 6-1, 7-5 geklop het.
Sy word Maandag vir die derde keer in haar loopbaan as die WTA se nr.1-speler aangewys.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- Sapa - AFP