Korea wink al vir 5 SA atlete

2011-03-13 09:51
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Vyf Suid-Afrikaanse atlete het reeds paspoorte na die wêreldkampioenskappe einde Augustus in Daegu, Suid-Korea... en as dit van die Matie-ghoeroe Mario Smit afhang, is dit een van hierdie mooi dae sewe.

Een van die drie top-atlete in Smit se afrigtingskamp in Stellenbosch, die 400-hekkiesbreker Cornel Fredericks, het die afgelope Donderdag in Bellville met ’n 49.33 die Daegu-kwalifiserende vereiste (49.40) oortref.

Dít kom nadat LJ van Zyl ’n week tevore met ’n asemrowende SA rekord van 47.66 dié item aan die brand gehardloop het.

Ook in Smit se kamp is die verspringers Luvo Maniyonga en Janice Josephs. Die junior wêreldkampioen Maniyonga het in Bellville met ’n spog-sege van 8.00 teenoor Khotso Mokoena se 7.97 afgeskop, terwyl Josephs by dieselfde Geelbladsye-byeenkoms op 6.29 geland het.

In sowel Maniyonga as Mokoena se visier is die Daegu-vereiste van 8.20, terwyl Josephs nog ’n ent weg is van die vereiste 6.75 hoewel sy nou anderdag háár seisoen met ’n 6.51 ingelui het; dít kom skaars twee weke nadat sy haar by haar nuwe afrigter, Smit, aangesluit het.

Smit sê Saterdag aan Sport24: “Die seisoen is nog baie jonk, maar ons werk kliphard daaraan om ál drie reeds in die SA seisoen vir Daegu te laat kwalifiseer.

“Ek is doodtevrede met Cornel se vordering.

“Ja, LJ het ’n verskriklike gaping tussen hom en Cornel oopgemaak –maar dit bekommer my nie. Cornel is nog jonk en ek wil hom en Luvo se loopbane stelselmatig opbou.

“Ek glo nie daaraan om ’n perske vroeg pap te druk nie. Hul loopbane lê oop voor hulle –en ons mikpunt is bloot om hulle stadig maar seker aan top-kompetisie gewoond te maak en te brei vir latere kragmetings.

“Cornel se persoonlike beste (die 48.79 waarmee hy verlede jaar in Kenia tweede ná LJ op die Afrika-kampioenskappe was) is uiteraard ook in ons visier, terwyl Luvo natuurlik al met ’n persoonlike beste van 8.19 ’n haarbreedte van die vereiste af gedraai het.”

Hy twyfel nie dat Josephs (29) ’n tweede asem gaan kry in ’n loopbaan wat tot nou effe wipplank gery het nie.

“Daar sit nog baie in haar,” sê Smit oor Janice, wat vier jaar gelede met ’n 6.79 in Algerië ontplof het.

Benewens Van Zyl en Fredericks, is Suid-Afrika se ander Daegu-kwalifiseerders in dié melkbaard-seisoen die spies­gooier Robert Oosthuizen en 800-brekers Mbulaeni Mulaudzi en Caster Semenya, wat albei as wêreldkampioene outomaties kwalifiseer.

Intussen het SA atletiek in Bellville sy 53ste droommyler gekroon, toe die hindernis-man Ruben Ramolefi in 3:59.69 gewen het.

Dit was die eerste SA myl in onder 4minute in ses jaar.

Dit volg 47 jaar nadat Div Lambrecht dit doer in 1964 die eerste keer vermag het.

Johan Fourie se SA rekord van 3:50.82 vergeel al sedert 1987 in die Suid-Afrikaanse rekord­boeke.

Die wêreldrekord (3:43.13 deur die Marokkaan Hicham El Guerrouj) staan al sedert 1999 in ’n eens-glorieryke item, wat deesdae maar baie selde op groot byeenkomste aangebied word en deur sy metrieke boetie, die 1500, vervang is.

Lees meer oor: sport  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.