Kimberley kry R3 milj. skaatspark

2011-05-03 12:39
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - 'n Skaatspark van R3 miljoen gaan in Kimberley gebou word nadat Suid-Afrika gekies is om 'n been van die wêreld se rykste skaatsplank-kompetisie aan te bied.

Die Maloof Money Cup, met prysgeld ter waarde van $3 miljoen (byna R20 miljoen), sal vir die eerste keer in die geskiedenis een van sy vier bene buite Amerika aanbied.

Die kompetisie se mede-stigter, Joe Maloof, het gesê Suid-Afrika is die perfekte plek omdat dit die Wêreldbeker-sokkertoernooi aangebied het.

"Vanaf die eerste dag wat ons met die kompetisie begin het, was die idee om dit internasionaal uit te brei," het Maloof gesê.

Die Maloof Money Cup is in 2008 deur Joe en Gavin Maloof gestig, wie se familie mede-eienaars van die Amerikaanse basketbalspan Sacramento Kings en die Palms Casino in Las Vegas is.

Die eerste been van die kompetisie sal vanjaar in Junie in New York plaasvind. Die tweede en derde been onderskeidelik in Washington en Kimberley. En die vierde been in Kalifornië.

Die skaatspark in Kimberley sal langs die stad se nuwe konferensie sentrum gebou word.

Met al die fasiliteite ingesluit sal die skaatspark 100 000 m² beslaan.

"Dit (skaatspark) sal deel word van ons provinsie se nalatenskap en sal Kimberley 'n reuse hupstoot as toeriste bestemming gee," het Sharron Lewis, uitvoerende hoof van Noord Kaap toerisme gesê.

Lees verder.

- TimesLive

Lees meer oor: kimberley  |  2010

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.