Kim uit met seer enkel

2011-06-16 08:27
Tweets Share Share line Print

Londen – Rafael Nadal van Spanje, die mans­kampioen, en die vroue se nommer een, Caroline Wozniacki van Denemarke, is die twee topgekeurdes vir Wimbledon.

Die keurlyste vir aanstaande week se tennistoernooi is Woensdag hier bekend gemaak.

Die vroue se keurlys moes Woensdag met die onttrekking van Kim Clijsters gewysig word.

Die Belg was tweede gekeur. Organiseerders het gesê sy sal weens ’n voetbesering nie in aksie wees nie.

Sy het weer las van ’n ou enkelbesering.

“Ek is teleurgesteld. Ek het my voet in die toernooi in ‘S-Hertogenbosch beseer,” het Clijsters in ’n verklaring gesê.
“Ek is uiters gefrustreer dat dit juis nou voor een van my gunsteling toernooie moes gebeur. Ek het egter nie ’n keuse nie.”

Vera Zvonareva van Rusland is nou tweede gekeur, terwyl die wenner van die afgelope Franse Ope, Li Na van China, derde gekeur is.

Die vroue-kampioen, Serena Williams van Amerika, is ná die wysiging sewende gekeur.

Haar sege verlede jaar was haar 13de Grand Slam-titel, maar toe gaan staan en trap sy op gebreekte glas.

Dit het tot bloedklonte in haar longe gelei. Sy het in die tyd dat sy nie in aksie was nie, tot die 26ste plek op die ranglys uitgesak.

Sy en haar suster Venus het hul terugkeer tot die spel vandeesweek in die Eastbourne-toernooi gemaak. Venus het tot die 33ste plek ná ’n heupbesering uitgesak.

Sy het Wimbledon al vyf keer gewen. Serena het dit ook al vier keer reggekry. Die vyf topgekeurdes tussen die mans is dieselfde spelers wat die eerste vyf plekke op die wêreldranglys beklee.

Nadal en die Switser Roger Federer het die laaste agt jaar gekombineer om met die titel weg te stap. Federer was van 2003 tot 2007 en in 2009 die kampioen.

Nadal het in 2008 gewys hy is nie net ’n kleibaanspeler nie, waarna hy in verlede jaar se eindronde met die Tsjeg Tomas Berdych afgereken het.
 
Die toptien op keurlys is:
Mans:
1.Rafael Nadal (Sp),
2.Novak Djokovic (Serw),
3.Roger Federer (Swi),
4.Andy Murray (Br),
5.Robin Soderling (Swe),
6.Tomas Berdych (Tsjeg),
7.David Ferrer (Sp),
8.Andy Roddick (VSA),
9.Gael Monfils (Fr),
10. Mardy Fish (VSA).

Vroue:
1.Caroline Wozniacki (Dene),
2.Vera Zvonareva (Rus),
3.Li Na (China),
4.Victoria Azarenka (Belo),
5. Maria Sharapova (Rus),
6.Francesca Schiavone (It),
7.Serena Williams (VSA),
8.Petra Kvitova (Tsjeg),
9.Marion Bartoli (Fr),
10.Samantha Stosur (Aus).
 
 – Sapa-AFP 

Lees meer oor: wimbledon

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.