Kim Clijsters uit Franse Ope
2011-05-26 15:14
Parys - Die Belgiese tennisspeler Kim Clijsters het haar swakste vertoning in nege jaar by Roland Garros gelewer toe sy Donderdag uitgeskakel is in die tweede ronde van die Franse Ope.
Die tweede gekeurde Clijsters, wat onseker was oor haar deelname nadat sy vroeër vanjaar haar enkel by 'n nefie se troue beseer het, het met 3-6, 7-5, 6-1 teen Aranxta Rus van Nederland vasgeval.
Ander 2de ronde uitslae:
Petra Kvtova van die Tsjeggiese Republiek het China se Zheng Jie met 6-4, 6-1 geklop.
En die Sweed Robin Soderling het sy opponent, Albert Ramos van Spanje, met 6-3, 6-4 en 6-4 geklop.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24