Khotso mik na ‘grote’

2011-08-05 09:40
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Olimpiese medaljewenner Khotso Mokoena dreig die hele jaar al om daardie een groot sprong te spring en dalk ook sommer sy Suid-Afrikaanse verspring-rekord van 8.50 m te verbeter.

Dalk gebeur dit Vrydagaand op die Diamantliga-byeenkoms in Londen.

Mokoena het juis in Parys, die vorige keer toe hy aan ’n Diamantliga-byeenkoms deelgeneem het, bewys hy is besig om sy beste peil te bereik en dat hy steeds ’n vegter is vir wie die woord opgee nie bestaan nie.

In Parys het hy uiters swak begin. Hy kon nie een keer met sy eerste vier spronge daarin slaag om verder as 8 m te spring nie en dit wou lyk asof hy laaste sou eindig.

Maar toe laat Mokoena almal skielik regop sit toe hy met sy vyfde sprong die maatband tot 8.25 m laat rek het. Met sy volgende sprong het hy 8.15 m gespring.

Mokoena het weliswaar nie gewen nie. Hy was vierde maar die boodskap aan sy teenstanders was duidelik: Moet my nie afskryf nie.

Vrydagaand hervat hy sy tweestryd met Irving Saladino, Panama se Olimpiese kampioen, en Mitchell Watt van Australië wat tot dusver met die beste afstand van 8.54 m spog. Chris Thomlinson van Brittanje wat al 8.35 m gespring het, neem ook deel.

Volgens Mokoena gaan alles daarvan afhang van hoe hoe hy vastrap.

“Ek weet dat as ek die plank reg slaan, gaan ek ’n grote spring.

“Maar as dit nie gebeur nie, is dit nie die einde van die wêreld nie, want ek het net één doelwit en dit is om op die Wêreldbyeenkoms vir Suid-Afrika ’n medalje wen.

“Ek is dit aan myself verskuldig.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24  

Lees meer oor: khotso mokoena  |  atletiek  |  verspring

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.