Kevin kook wéér tot in kwarteindstryd

2011-10-28 09:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg. – Suid-Afrika se voorste tennisspeler, Kevin Anderson, het die derde keer in slegs vier weke tot die kwarteindronde van ’n ATP-toernooi deurgedring.

Dit was danksy ’n oorwinning eergister in die Erste Bank-ope in Wene oor die Ciprioot Marcos Baghdatis.

Anderson was met 6-2, 7-6 (7/5) baas nadat hy ’n hewige aanslag van die voormalige nr. 8-speler op die wêreldranglys in die tweede stel afgeweer het.

Die?gebore?Johannesburger het net meer as 90 minute nodig gehad om met Baghdatis af te reken. Ná ’n maklike eerste stel waarin Anderson drie keer deurgebreek het en 70% van die punte op sy teenstander se tweede afslaan gewen het, het Baghdatis teruggeveg in die tweede stel en was hy in sommige aspekte Anderson se gelyke op die baan.

Die verskil was die Suid-Afrikaner se afslaan – hy het in die tweede stel nege kishoue geslaan – en sy koelkop-houding onder druk in ’n taai valbylstryd.

Anderson het verlede week ook tot die kwarteindronde van die Stockholm-ope deurgedring, maar teen die eindelike wenner, Gael Monfils van Frankryk, vasgeval. Twee weke voor dit, in China, was die Kroaat Marin Cilic te sterk vir hom in die kwarteindronde.

Anderson het dus heelwat motivering voor nog ’n moeilike kwarteindstryd. Hy sal teen die wenner van vandag se wedstryd tussen die tweemalige verdedigende kampioen, Jurgen Melzer van Oostenryk, en die Spanjaard Guillermo Garcia-Lopez speel.

’n Sege sal hom die eerste keer sedert Januarie tot die halfeindronde van ’n toernooi laat deurdring.

- Die gewese Amerikaanse Ope-kampioen Juan Martin del Potro, wat die Duitser Philipp Petzschner met 6-3, 6-4 geklop het, het ook tot die volgende ronde deurgedring. Dit is die sewende keer vanjaar dat hy die kwarteindronde van ’n toernooi haal.

Del Potro, wat nog in die wedloop is om een van drie oorblywende plekke in die ATP se jaareind-toernooi, moes vier breekpunte in die eerste stel afweer, maar is nie in die tweede stel onder druk geplaas nie.

Hy sal volgende teen óf Tommy Haas van Duitsland óf die Sloweense kwalifiseerder Aljaz Bedene speel.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: kevin anderson  |  tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.