Kevin SA held met driekuns

2011-07-11 07:08
Tweets Share Share line Print

Potchefstroom – Kevin Anderson was die groot rede waarom Suid-Afrika Nederland hier met 3-1 in hul Davisbeker-kragmeting geklop het.

Só het Jan Siemerink, die besoekers se afrigter, Sondag by die Noordwes-Universiteit gesê.

Anderson het sy terugkeer tot die Suid-Afrikaanse Davisbeker-tennisspan met ’n driekuns aan oorwinnings gevier om Suid-Afrika tot die uitspeelronde om die Wêreldgroep in September te laat deurdring.

Siemerink, een van die grootste geeste wat Nederlandse tennis nóg opgelewer het, glo Anderson kan hom binnekort tussen die voorste 20 spelers ter wêreld bevind.

“Ek het hom dopgehou terwyl hy oefen en hy is baie toegewyd. Hy is ook koelkop op die baan en bly kalm onder druk as dinge nie volgens plan verloop nie,” het Siemerink oor Suid-Afrika se voorste speler gesê.

“Was dit nie vir sý bydrae nie, kon ons hierdie kragmeting gewen het, maar hy het breed tussen ons en ’n sege gestaan.”

Anderson, nr. 35 ter wêreld, het erken sy terugkeer tot die span ná ’n afwesigheid van drie jaar het beter verloop as wat hy verwag het.

“Ek was effe senuagtig, want ek het nie geweet wat om presies te verwag nie, maar die wyse waarop my spanmaats my verwelkom het en John-Laffnie (de Jager, die afrigter) my toegelaat het om in te skakel, was fantasties.

“Dit was vir my ’n besonderse week saam met die span en om deel te kon wees van die drie wedstryde wat ons gewen het, is ’n wonderlike gevoel.

“Ek was eers nie op my gemak om voor tuisskares te speel nie weens die verwagtinge, maar nadat ek vanjaar die SA Ope gewen het en ná die paar dae hier, is dit iets wat ek baie geniet en waarop ek floreer.”

Anderson het hom reeds beskikbaar gestel om in September te help om Suid-Afrika moontlik vir die Wêreldgroep te laat kwalifiseer.

“Dit is wonderlik om Kevin weer in die groep te hê,” het De Jager gesê.

“Hy is beslis ’n rolmodel vir jong spelers en ek glo ook hy kan voor die einde van die jaar tussen die top-20 ter wêreld wees.”

Suid-Afrika se voorste speler het sy Nederlandse eweknie, Robin Haase, gister met 6-3, 3-6, 6-2, 6-2 geklop om die gasheerland in ’n onaanvegbare posisie van 3-1 te plaas in dié kragmeting in Groep I van die Euro-Afrika-streek.

Anderson het ook Saterdag in die dubbelspel gespeel toe Wesley Moodie weens griep nie beskikbaar was nie.

Anderson en Rik de Voest het Haase en Jesse Huta Galung met 6-7 (4/7), 6-2, 6-4, 6-4 verslaan.

In ’n stampvol stadion voor ’n baie geesdriftige skare het Anderson sommer vroeg toegeslaan deur in die tweede pot op Haase se afslaan deur te breek.

Dit was eindelik genoeg om die eerste stel aan die lenige Suid-Afrikaner te besorg.

Die groot keerpunt was in die derde stel. Haase het met 2-0 voorgeloop nadat hy die tweede stel gewen het.

“Ek het tussen potte gesit en dink dat ek skielik niks doen waaraan ek die afgelope jaar en ’n half gewerk het nie.

Ek het besluit om baie aggressiewer houe te speel en skielik het dinge weer in plek geval,” het Anderson gesê.

Die Suid-Afrikaner, wie se afslaanwerk hier deurgaans uitstekend was, het sewe potte agtereenvolgens gewen. 

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: kevin anderson  |  tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.