Kevin 3de SA'ner in kwarteind

2011-02-04 08:16
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Amper ’n handvol Suid-Afrikaners in die kwarteindronde van die Suid-Afrikaanse Ope-tennistoernooi is omtrent so ongehoord soos die Wêreldbeker-trofee vir die nasionale krieketspan.

Tog is dít die geval hier by Montecasino nadat Kevin Anderson hom Donderdagmiddag by sy landgenote Rik de Voest en Izak van der Merwe in die laaste agt aangesluit het.

Suid-Afrika se topspeler het net ’n uur en agt minute nodig gehad om Dudi Sela van Israel met 6-2, 6-4 in die tweede ronde uit te skakel.

Anderson, die vierde gekeurde, het op sy afslane gekonsentreer en hy het 13 kishoue afgeblits.

Deurbrake in die sesde en agtste potte was genoeg om die eerste stel aan hom te besorg. In die sesde pot het twee dubbelfoute van Sela die wêreld vir Anderson veel makliker gemaak.

Anderson het sy afslaan die enigste keer in die wedstryd in die tweede pot van die tweede stel verloor, maar dadelik die skade herstel deur terug te breek.

Hy het dié dosis in die tiende pot herhaal en op sy tweede wedstrydpunt sake afgehandel toe die Israeli ’n voorarmhou teen die net vasgeslaan het.

Dit was die eerste keer in drie probeerslae dat Anderson met Sela kon afreken.

“In die verlede het ek nogal heelwat probleme met sy afslane gehad.

“Hy slaan nie hard af nie, maar plaas die bal uitstekend. My plan was om veel meer aanvallend op sy afslaan te wees en dit het gewerk.

“Hy het selfs ’n paar dubbelfoute begaan,” het Anderson gesê. “Ek het goed herstel nadat ek my afslaan vroeg in die tweede stel verloor het, maar in die geheel het ek goed gevoel en was gemaklik met my spel.”

Anderson se teenstander in vandag se kwarteindronde is die Slowaak Karol Beck, wat aanvanklik kwaai gesukkel het om Go Soeda van Japan baas te raak. Soeda het die eerste stel met 6-3 gewen voordat Beck die volgende twee met 7-5, 6-0 agter sy naam geskryf het.

Nadat Beck sake gelyk gemaak het deur die tweede stel te wen, het die Japanner se aanspraak soos botter op ’n warm Karoo-pad gesmelt.

Anderson het nog nooit voorheen teen Beck, 101ste op die wêreldranglys, gespeel nie.

Die Suid-Afrikaner sê hy hoop die ondersteuning van die tuisskare sal hom help om die halfeindronde te haal.

In ’n herhaling van hul Davisbekerstryd in Oktober 2009 kom Rik de Voest teen die Indiër Somdev Devvarman te staan, terwyl Van der Merwe met die Duitser Simon Greul kragte sal meet.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.