Keniaan sink Caster in Brussel
2010-08-28 05:49
België - Die wêreldkampioen Caster Semenya het vir die eerste keer in haar seniorloopbaan 'n 800m-wedloop verloor toe sy Vrydagaand derde by die Diamantliga-byeenkoms in Brussel geëindig het.
Semenya, wat onoorwonne was in die drie vorige wedlope ná sy verlede maand goedkeuring gekry het om deel te neem, het die beste tyd van haar seisoen aangeteken.
Sy het die wedloop in 1:59.65 voltooi.
Die Keniaan Janeth Jepkosgei het met 'n tyd van 1:58.82 die voortou geneem, en Mariya Savinova van Rusland die tweede plek met 1:59.59.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- SAPA