Kaymer wen PGA-kampioenskap
2010-08-16 12:02
Kohler – Duitsland se Martin Kaymer het Bubba Watson geklop om 'n oorwinning in die 92ste PGA-kampioenskap Sondag te verseker nadat ‘n skokkende strafhou Dustin Johnson uit die stryd gegooi het.
Dit is die 25-jarige Kaymer se eerste oorwinning in ‘n groot kampioenskap.
“Dit was ‘n baie opwindende week,” het Kaymer gesê, wat $1,35 miljoen (sowat R 9,8 miljoen), vir sy sege ingepalm het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- AFP