Kar tref SA atleet terwyl sy oefen

2011-07-30 07:38
Tweets Share Share line Print

Van Blerk. (Philip van Zyl, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die roekelose gejaag van motoriste in Ruimsig, Roodepoort, moet einde kry.

So het René Kalmer, Suid-Afrikaanse halfmarathon-kampioen, gesê nadat Irvette van Blerk, haar oefenmaat en SA 10 km-kampioen, eergister deur ’n motoris omgery is.

Skaars drie maande vantevore is Juan van Deventer, Olimpiese 1 500-finalis, ’n paar blokke verder aan ook raak gery terwyl hy aan die oefen was.

Van Blerk was gelukkig. Behalwe vir ’n stywe nek, ’n stywe heup, ’n groot knop op die kuit, ’n sny op die voorkop en ’n paar verlore velle het sy dit oorleef.

Van Deventer het sy knie in die ongeluk gebreek en daarmee saam is hy die kans ontneem om vir die Wêreld-atletiekbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, te kwalifiseer.

Kalmer het gesien hoe Van Blerk raak gery word.

“Ons het aan die regterkant van die pad gehardloop sodat ons die verkeer van voor af kon sien aankom. Irvette was besig met fartlek-oefeninge (spoedoefeninge) en was daarom voor my.

“Ek het besef sy is in groot moeilikheid toe ek sien hoe die bestuurder in ’n wit Golf-motor by ’n ander motoris verbyjaag.

“Die volgende oomblik het ek gesien hoe die motor Irvette tref.

“Toe ek by haar kom, het sy in die middel van die pad gelê. Haar gesig was vol bloed. Ek het regtig geskrik toe ek haar sien.”

Volgens Van Blerk het sy net skielik ’n stamp gevoel en toe, om haar eie woorde te gebruik, het sy soos ’n domino-blokkie vorentoe geval.

“Ek het nie besef wat gebeur het nie. My eerste reaksie toe ek tot verhaal gekom het, was om te voel of enige van my bene gebreek is. Ek was regtig verlig toe ek agterkom dat daar nie dadelik met my hospitaal toe gejaag moet word nie.

“My redding was waarskynlik dat die motoris begin rem trap het net voordat hy my getref het.

“Ironies genoeg het ek vroeër die dag by Juan (van Deventer) gaan inloer.”

“Ek wil ’n petisie laat opstel waarin ek die verkeersowerheid wil versoek om spoedwalle op Ruimsig se paaie aan te bring. Hopelik sal dit motoriste dwing om dan stadiger te ry,” het Kalmer gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: atletiek  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.