Kapenaar deel kollig met Woods

2009-11-13 12:04
Tweets Share Share line Print

Marizanne Kok

Johannesburg - Selfs Tiger Woods is nie immuun teen verkeersknope nie, maar anders as die meeste mense is dit vir hom nie noodwendig die begin tot ’n slegte dag op kantoor nie.

Die wêreld se beste speler het gisteroggend vroeg buite die Kingston Heath-gholfbaan in Melbourne in ’n verkeersknoop beland, wat deur sy teenwoordigheid veroorsaak is. Maar desondanks het hy die eerste ronde van die Australiese Meesters­toernooi as een van die voorlopers voltooi.

Woods het sewe voëltjies en ’n brouhou vir ’n telling van 66 aangeteken. Saam met hom aan die voorpunt is Branden Grace, die enigste Suid-Afrikaner in dié toernooi, en die Austra­liër James Nitties.

Die Amerikaner het ’n kans gehad om as die alleen-voorloper te eindig, maar het sy bal op die laaste putjie tussen die bome ingeslaan en van daar af ’n brouhou aangeteken.

Woods se eerste ronde in Australië in 11 jaar is weer deur derduisende pare oë gevolg soos dit ook in sy oefenronde en die pro-am-toernooi die geval was. Hy het agterna met groot lof van die toeskouers gepraat.

“Ek dink hulle was vandag (gister) wonderlik,” het hy volgens Sapa gesê. “Almal was vanselfsprekend opgewonde oor ons groep (wat die tuisgunstelinge Craig Parry en Rod Pampling ingesluit het) en was baie beleef.”

Woods het die toeskouers as “goed ingelig” beskryf. Hy was beïndruk dat hulle net sy goeie houe toegejuig en die slegte oomblikke met die nodige stilswye begroet het.

Vir Suid-Afrikaners is die naam Grace bo-aan die telbord goeie nuus. Hy is ’n voormalige Suid-Afrikaanse amateurkam­pioen.

Dié 21-jarige Suid-Kapenaar het die eerste nege putjies in 32 houe voltooi, danksy vier voëltjies tussen die sesde en negende putjies.

Oor die tweede nege het hy nog twee voëltjies bygevoeg.

- Die Burger

Lees meer oor: gholf  |  branden grace  |  tiger woods

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.