Kan SA vroue-jaers verras?

2011-09-24 15:31
Tweets Share Share line Print

Pretoria – ’n Vrou sal die eerste fietsryer wees wat sedert die isolasiejare vir Suid-Afrika ’n medalje op ’n Wêreldbyeenkoms vir seniors of die Olimpiese Spele wen. Só word daar al ’n paar jaar voorspel.

Carla Swart het op verlede jaar se Wêreldbyeenkoms in Geelong, Australië, bewys dié voorspelling is nie so vergesog nie toe sy 10de in die vroue-padren geëindig het.

Dit was ’n eerste vir Suid-Afrikaanse vroue-fietsry.

Drie weke later het Swart en Cherise Taylor op die Statebondspele in Indië onderskeidelik agtste en 10de in die vroue-padren geëindig. Dit het die hoop verder laat opvlam dat Suid-Afrikaanse fietsry eindelik op die regte pad is.

Vroeër vanjaar, net voor die Suid-Afrikaanse padbyeenkoms in Port Elizabeth, beleef dié sport een van sy swartste dae toe Swart gedurende ’n oefensessie in die Vrystaat doodgery word.

Gelukkig is Ashleigh Moolman vanjaar skitterend op dreef. Sy het twee weke gelede algeheel tweede in Frankryk se De l’Ardeche-vrouetoer geëindig. In vyf van die ses skofte het sy tussen die voorste 10 geëindig.

Emma Pooley, wat as een van die gunstelinge vir Saterdag se padren op die Wêreldbyeenkoms in Kopenhagen beskou word, het die toer gewen. Joanna van de Winkel, Moolman se spanmaat, was algeheel 10de.

Taylor het onlangs algeheel 14de in ’n vroue-fietstoer in Nederland geëindig. Sy was ook vyfde in een van die skofte.

Die Suid-Afrikaanse vrouejaers het vanjaar deurgaans beïndruk met hul aggressiewe rywerk in internasionale renne. Hulle is nie bang om aanvalle te loods en kanse te waag nie.

Nederland se Marianne Vos word as die groot gunsteling in die padren in Kopenhagen beskou wat oor 10 rondes van 14 km elk plaasvind. Sedert 2006, toe sy die eerste keer aan die Wêreld-padbyeenkoms deelgeneem het, was sy nog altyd eerste of tweede in die ­padren of die individuele tydtoets.

Die roete – met sy kort, steil klimme – pas haar soos ’n handskoen.

As die ren op ’n naelrit na die eindstreep afstuur, is Ina-Yoko Teutenberg van Duitsland glo die jaer om te klop.

Die kans is goed dat Pooley, Emma Johannson (Swede) en Judith Arndt (Duitsland) sal probeer om weg te breek en voor te bly. Dit kan Moolman en Taylor pas.

Brittanje se Olimpiese kampioen, Nicole Cooke, is die ander groot gunsteling.

Suid-Afrika se o.23-jaers – Reinardt Janse van Rensburg, Johann van Zyl, Louis Meintjes, Christopher Jennings en Raynard Butler – is Vrydagmiddag in aksie. Dié span word beskou as die kern van die span wat Suid-Afrika op 2016 se Olimpiese Spele in Brasilië gaan verteenwoordig.

Jayde Julius is die enigste Suid-Afrikaanse junior jaer wat Saterdag in aksie is.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: cherise taylor  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.