Kan Rafael die rekord verbeter?

2010-07-06 09:46
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Daar is min twyfel dat Rafael Nadal die vermoë het om Roger Federer se Grand Slam-rekord te ewenaar en selfs te verbeter.

Die vraag is of Nadal se liggaam hom gaan toelaat om dié prestasie te vermag.

Die 24-jarige Spanjaard het sy status as die voorste tennisspeler ter wêreld bevestig toe hy Sondag sy tweede Wimbledon-titel verower het. Dit was sy agtste Grand Slam-titel.

Nadal kort nog net die Amerikaanse Ope vir sy loopbaan-Grand Slam en nog agt Grand Slam-titels om Federer se rekord te ewenaar.

Nadal het die grootste deel van die 2009-seisoen misgeloop weens seningontsteking in sy knieë. Vanjaar moes hy hom in die kwarteindronde van die Australiese Ope onttrek toe die probleem wéér opgevlam het. Tydens Wimbledon is hy ook behandel.

Nadal speel vanjaar heelwat minder toernooie. Hy kies dié wat belangrik en nodig is. Waar hy vorige jare maklik vyf kleibaan-toernooie voor die een op Roland Garros sou speel, was hy vanjaar in net die drie Meesterstoernooie in aksie.

Hy het ook reeds gesê dat hy ná Wimbledon vir ’n paar weke gaan laag lê om te rus en behandeling vir sy knieë te kry.

Nadal het nie enige noemenswaardige swak plekke in sy mondering nie...dalk sy afslaan, hoewel dit goed genoeg is.

Nadal is een van die spelers wat alles gee met elke punt. Sy liggaam word gestraf met elke wedstryd wat hy speel. In teenstelling daarmee speel Federer die tipe spel waar hy sy liggaam spaar.

Wat ouderdom betref, is tyd beslis aan Nadal se kant om 16 en selfs meer titels te wen, maar of sy knieë en die res van sy liggaam gaan hou is ’n ope vraag.

Nadal se fokus is nou eers op ’n loopbaan-Grand Slam eerder as Federer se rekord.

“Nog agt? Dit is té ingewikkeld...té taai,” het Nadal aan Sapa-AP oor Federer se rekord gesê.

Volgens hom is die Amerikaanse Ope, wat op 30 Augustus begin, nou sy vernaamste doelwit.

Nadal kon nog nooit verder as die halfeindronde van dié hardebaan-toernooi vorder nie.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: rafael nadal  |  roger federer  |  tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.