Kaapstad gasheer vir SA-tweekamp
2011-06-13 11:32
Kaapstad - Kaapstad sal gasheer speel vir die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskappe wat Saterdag by die nuwe Groenpunt-park plaasvind.
Driekamp Suid-Afrika (TSA) het Maandag gesê die byeenkoms gaan gebruik word om 'n nasionale span te kies vir die driekamp-wêreldtoernooi wat aan die einde van September in Gion, Spanje afskop.
Mans- en vroue-atlete in die ouderdomsgroep 20 tot 49 en 50 jaar en ouer, se driekamp strek oor 'n 10 km-draf, 40 km-fietsry en weer 'n 5 km-draf.
Meer as 300 atlete word by die byeenkoms verwag.
En deelnemers om voor uit te kyk is Travis Johnston (Gauteng) en Mariette Hattingh (OP) asook Viv Williams, Alae Brand en Gilbet Lucas van Kaapstad.
Verrigtinge begin om 08:00.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA