Jonges jag medaljes

2010-07-22 09:06
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Justine Palframan is die atleet op wie Suid-Afrika se hoop gevestig is om vroeg môre-oggend in Montcon, Kanada, op die Junior-wêreldatletiekbyeenkoms tot die eindronde van die 200m deur te dring.

Sy het op verlede jaar se Jeug-wêreldbyeenkoms gewys sy laat haar nie intimideer nie toe sy in die eindronde van die 400m vierde geëindig het.

Die enigste rede waarom sy nie weer aan die 400m deelneem nie, is omdat sy op die Suid-Afrikaanse senior byeenkoms in Durban haar regterdyspier geskeur het en toe in ’n wedloop teen tyd gewikkel was om vir die Junior wêreldbyeenkoms te kwalifiseer.

Palframan se beste tyd in die 200m is 23.80s.

Dit behoort goed genoeg te wees om ’n plek in die eindronde te verseker.

Die 18-jarige Annemie Smith, wat vanjaar die Suid-Afrikaanse hamergooi-rekord vir junior vroue verbeter het met ’n afstand van 55.25m, is ook môre in die uitdunne in aksie.

Dit sal ’n grootse poging van Smith verg om tot die eindronde deur te dring.

Tazmin Brits, in die spiesgooi vir meisies, en Luvo Manyonga, in die verspring vir seuns, was vanoggend vroeg (SA tyd) in eindrondes in aksie.

As Brits in die spiesgooi goud wen, sal sy die eerste SA vroue-atleet word om sowel die Jeug- as Junior-wêreldtitels van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) te wen.

Jacques Freitag is die enigste Suid-Afrikaanse atleet wat al daarin kon slaag om die Jeug- en Junior-wêreldtitels te verower.

Gideon Trotter en Waide Jooste was albei vroeg vanoggend in die halfeindronde van die 100m in aksie.

Rigard Steenkamp, ’n ouer wat in Kanada is, voorspel dat Trotter kan verras.

Hy het sy uitdun in 10.5s afgenael ná hy swak weggespring het.

Jacques de Swardt en Shaun de Jager het vanoggend aan die halfeindronde van die 400m deelgeneem.

Anuschka Nice, wat sewende in haar 800-uitdun in ’n tyd van 2:12.94 was, Ratlale Mokone wat 11de in sy 1 500-uitdun in 3:50.79 was, en Stefan Brits wat net 7.18m ver kon spring, is reeds vroeër in die uitdunne uitgeskakel.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: atletiek  |  atlete

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Johan sê... Wat 'n "g"-slag vir die Stormers. Sterkte vir Saterdag. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2005
R 209,000.00

FORD

Ranger 2.5TD 4x4 Safety D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 217,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.