Jong Justine skuur skouer met Bolt-hulle

2012-01-29 09:46
Tweets Share Share line Print

Justine Palframan in Jamaika saam met die 100 meter-wêreldrekordhouer Usain Bolt. (Foto verskaf)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sy kom, anders as die glansjannies en -sannies van die groot stedelike skole, van kleine Eshowe in KwaZulu-Natal.

Op 18 het Justine Palframan se weliswaar uiters belowende atletiekloopbaan maar skaars begin... maar sy het in hierdie dae van welbehae rééds die soort ondervinding opgedoen waaroor haar meer geroemde broers en sussies van die atletiekbaan maar net kan droom.

Sy het pas ’n draai in verre Jamaika, land van die planeet se vinnigste mans en vroue, gaan gooi.

En daar skouers geskuur met die wêreldrekordhouer Usain Bolt en wêreldkampioen Yohan Blake, in ’n oefenkamp onder leiding van dié twee se beroemde afrigter, Glen Mills.

En sy keer terug huis toe met ’n persoonlike boodskap van Bolt in haar dagboek: “Werk hard en geniet altyd wat jy doen.”

Dié safari is vir Justine, wat haar toespits op die 100, 200 en 400, moontlik gemaak danksy geldelike bydraes van die boere en sakemanne van Eshowe – én danksy ’n nuwe Afrika-inisiatief genaamd World Wide Scholarships Academy (WWS).

Dié akademie se president, Mun­ya Maraire, beskryf sy inisiatief as ’n organisasie wat daarna streef om talentvolle jong sportlui vanuit Afrika “met beurse en platforms te pantser waar hulle kan ontwikkel en groei.”

Die WWS het reeds verlede jaar sy eerste groot deurbraak met een van sy belowendes gemaak: die Zimbabwiese naelloper Ngonidzashe Makusha het op die Amerikaanse studente-atletiekkampioenskappe (NCAA) ’n wêreldklas-tweekuns aan goue medaljes in die 100 (in 9.89) en die verspring (8.40) gewen.

Makusha studeer met ’n vierjaar-beurs aan die Florida State-universiteit.

Om dié prestasie in perspektief te plaas: net drie atlete het voorheen al dié besonderse tweekuns op die prestigeryke NCAA behaal, onder wie die legendariese Jesse Owens en Carl Lewis.

Justine spog reeds met belowende beste tye van 11.86 in die 100; 23.58 in die 200 en 52.88 in die 400.

Verlede jaar het sy onder meer in Mosambiek op Afrika se suidelike sone- senior kampioenskappe ’n goue medalje in die 4x400-aflos en ’n brons in die 400 gewen.

Ook verlede jaar het sy in Gaborone, Botswana, op die Afrika-ju­nior kampioenskappe goud in die 4x400 en silwer in die 400 gewen.

Op die SA senior kampioenskappe was sy reeds ’n belowende tweede in die 400.

In 2010 het sy in Manzini, Swaziland, op die sone 6-spele ’n besonderse driekuns aan goud in die 100, 200 én 400 behaal.

Dis dié soort prestasies wat haar onder die aandag van die WWS gebring het – en haar die afgelope klompie weke in Jamaika saam met Bolt-hulle se Racers-atletiekklub op die oefenbaan gesit het.

Maraire beskryf Justine se deelname aan die oefenkamp só: “Dié toer is die beste ondervinding wat enige atleet sowel geestelik as fisiek kan opdoen.

“Om saam met die heel bestes te oefen bou selfvertroue en ’n besef wat dit behels om die beste te wees.”

* Justine sal van 10 tot 15 Julie in Barcelona een van Suid-Afrika se sterkste medalje-kandidate op die junior (onder 20-) wêreldkam­pioenskappe wees.

Sy was in 2010 reeds in Kanada een van die jongste lede van die SA span op haar eerste junior wêreldkampioenskap.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: justine palframan  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.