Ivanovic kry Britse breier
2011-06-30 14:52
Londen – Die voormalige nr. 1-vrouespeler en Franse Ope kampioen Ana Ivanovic het Nigel Sears die hoof van die Lawn-tennisvereniging in Engeland, as haar afrigter aangestel.
"Ek bewonder Nigel al vir geruime tyd en kan nie wag om saam met hom te begin werk nie," het die 18de gekeurde Serwiër wat vanjaar in die derde ronde by Wimbledon uitgeskakel is, Donderdag tydens die aankondiging gesê.
"Dit was belangrik dat ek vir die regte afrigter gewag het. Ons is albei baie opgewonde oor die uitdagings wat wag."
Sears het ook voorheen die Suid-Afrikaanse speler Amanda Coetzer afgerig.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24