Interpol help met knoeiskandaal
2012-12-20 14:30
Johannesburg – Interpol is gevra om te help met die kriminele ondersoek na die knoeiskandaal waarby die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa) betrek is, het die Valke Donderdag gesê.
"Daar is individue wat oorsee is, waarin ons belangstel in 'n poging om die saak op te los," het die Valke se woordvoerder, Paul Ramaloko gesê, toe hy Interpol se betrokkenheid verduidelik het.
Safa het vandeesweek sy president, Kirsten Nematandani, en vier hooggeplaase beamptes geskors nadat Fifa 'n verslag oor wedstrydknoeiery tydens die 2010 Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika vrygestel het.
Dié verslag, wat verlede week aan Safa oorhandig is, beweer dat wedstrydknoeiery in Bafana Bafana se vriendskaplike wedstryde plaasgevind het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA